Your are here: Kultuur/ Redenaars |
Ons redenaars word die geleentheid gegun om alreeds op laerskoolvlak hulle stemme dik te maak as sprekers en hulself sodoende te bekwaam om met selfvertroue voor mense te kan optree. Ons skoolredenaars-wenners kry ook die geleentheid om op Streeks -en Nasionale vlak te kompeteer. Hulle is die leiers van môre, wat eendag van die verhoë van die wêreld, hulle stemme gaan laat hoor!
Kontakpersoon: Marie-Louise Hauptfleisch (083 225 6085)
2024 ATKV-Redenaarskompetisie : Semi Finale
2024 ATKV-Redenaarskompetisie : Redenaars wat deurdring na Semi-finale

2024 ATKV-Redenaarskompetisie : Eerste uitdunronde
Die volgende sprekers het onlangs aan die eerste uitdunronde van die ATKV-redenaarskompetisie, by Trio, in Kroonstad deelgeneem.
Ons is baie trots op elkeen van hulle en sien met verwagting uit na die uitslae van die uitdunne.
Juniors - Graad 2/3
Mackenzie Roux,Mianique Grobler en Milan Botha
Seniors - Graad 5
Dehandré Grobler, LJ v.d. Walt, Aldi J.v.Vuuren
Seniors - Graad 6/7
Lize v d.Heever, Mieke J.v.Rensburg, Jurgens Swartz
2024 Redenaarsaand
Vaalpark Primêr het 'n baie suksesvolle redenaarsaand gehou, waar verskeie sprekers van Gr.2 tot 7, aan deelgeneem het. Die drie ATKV-beoordelaars moes kopkrap om die wenners aan te wys. Hulle was geweldig beïndruk met die sprekers se hoë standaard en ons sien met verwagting uit na die volgende ronde van die ATKV-uitdunne, wat in April, in Kroonstad plaasvind.
Joomla Gallery makes it better. Balbooa.com