Noord Vrystaat “Best of Best” Kampioene


Dit is met groot trots dat Vaalpark Primêr kan aankondig dat die 0/13A Hokkiespan die Noord Vrystaat “Best of Best” kampioene is. Hierdie meisies het tydens die uitspele 3-0 gewen teen Truida Kestel en 3-0 gewen teen Trio!
Baie baie geluk meisies!!!
Hulle dring nou deur na die Finale uitspele “Champ of Champs” wat in Potchefstroom, plaasvind. Hierdie is ‘n onvoorwaarlike goeie prestasie en ‘n teken van hul harde werk gedurende die seisoen! Ons hou jul dop meisies, en ondersteun julle al die pad!
 
 

 

1ste Span Seuns


Vaalpark Primêr wil graag elke speler, ondersteuner, afrigter en borg hartlik bedank vir julle ongelooflike ondersteuning aan ons 1ste Seuns hokkiespan, gedurende hierdie eerste seisoen van seunshokkie by Vaalpark Primêr. Ons seuns het bewys dat met deursettingsvermoë, harde werk, spanwerk en geloof in jouself, enigiets moontlik is!
’n Spesiale woord van dank aan Lumieré Primêre Skool, wat die inisiatief geneem het om ook hierdie jaar met seunshokkie te begin.
Baie dankie vir gister se wedstryd en vir die geleentheid om hierdie besondere reis saam met julle te deel. Baie geluk aan ons Vaalpark-seuns met ’n 2–0 oorwinning teen Lumieré Primêre Skool!Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle.
What a way to end the season, may you always strive to do better and may all your dreams come true.
 
 

Fezile Dabi Liga Wenners


Baie geluk aan ons 1ste Span Hokkie-dogters, wat die Fezile Dabi Liga gewen het! Hulle het die liga gewen deur geen wedstryde te verloor en so ook is geen doele teen hulle aangeteken nie - dit wil gedoen wees! Ons is ongelooflik trots op hierdie span meisies!
Ons wens hulle alle sterkte toe met hulle Noord-Vrystaat uitspele, wat die 12de September, by Sasol Hoër plaasvind, Hulle speel teen Truida Kestell en Trio om die Fezile Dabi Streek te verteenwoordig, tydens die "Best of Best" toernooi.
 

 

2026 Pietie Coetzee Toernooi

 
Vaalpark Primêr se 1ste Span Hokkiedogters het aan die 21ste Pietie Coetzee Toernooi deel geneem, in Bloemfontein. Hulle het oor twee dae, nege harde wedstryde teen top skole van reg oor die land gespeel, waarvan hulle vier gewen het en 'n 6de plek behaal het. Ons is trots op hierdie dogters wat uithouvermoë, spangees en goeie hokkie vertoon het.
Dankie aan elke borg en ouer wat hierdie toernooi vir ons moontlik gemaak het en vir al julle ondersteuning langs die velde. 
 
 
 
 
 

 

We have exciting news to share.
We have a hockey academy at school that will start on the 6 May 2026.

If you're interested please join the group using this link:
https://chat.whatsapp.com/L3HJyke5Wt37Js28TPfpJS

 

Hurricanes u/14-A Boys' Hockey Team

Dehandré Grobler is selected for the Hurricanes u/14-A boys' hockey team. He will play at the Rhino Week tournament, from 7-11 July, in Vanderbijlpark. It is an amazing opportunity! Good luck! Ons is ongelooflik trots op jou prestasie en harde werk. Geniet elke oomblik!
 
 

Northern Free State Boys Hockey 

Vir die 1ste keer ooit, bied Vaalpark Primêre Skool die geleentheid vir seuns hokkie.🤩
Baie geluk aan Zian Jacobs en Gerrie Naude met hulle ongelooflike prestasie! The 1st boys to make it into the NFS hockey team, the same year Vaalpark starts boys hockey! 🤩
Being selected for the Northern Free State u/13B hockey team is a historic moment for Vaalpark Primary! 🥳👏🏻
Baie geluk!👏🏻
We are extremely proud of you!
 
 
 

Northern Free State Hockey - Girls

Congratulations to the following girls who were chosen for the Northern Free State team:
U/12 A
Mila Horn
Chidanté van Deventer
Ons is baie trots op julle en weet dat julle Vaalpark se naam sal hoog hou!
 

 

 

Northern Free State Teams

 

Congratulations to the following girls who were chosen for the following Northern Free State teams:

u/13 A
Mia Pretorius
Emilie Botha
Elani van Wyk

u/13 B
Lily Wright

Ons is baie trots op julle en weet dat julle Vaalpark se naam sal hoog hou!

 

 

 

Boys Hockey